Waterloo | |
---|---|
Laervlak-stad | |
City of Waterloo | |
Uptown Waterloo | |
Leuse(s): Stabiliteit | |
Koördinate: 43°28′N 80°31′W / 43.467°N 80.517°W | |
Land | Kanada |
Provinsie | Ontario |
Streek | Waterloo-streek |
Incorporated | 27 Mei 1857 |
Regering | |
• Burgemeester | Dave Jaworsky |
• Regeringsliggaam | Waterloo City Council |
• Stadsbestuurder | Tim Anderson |
• House of Commons | Bardish Chagger (Liberale Party) |
• MPP | Catherine Fife (ONDP) |
Oppervlak | |
• Land | 64,06 km2 (24,73 vk. myl) |
Hoogte | 329 m (1 079 ft) |
Bevolking (2021)[1] | |
• Laervlak-stad | 121 436 (47ste) |
• Digtheid | 1 895,8/km2 (4 910/vk. myl) |
• Metro | 575 847 (10de) |
• Metrodigtheid | 527,2/km2 (1 365/vk. myl) |
Demoniem(e) | Waterluvian[2] |
Tydsone | UTC-5 |
• Somertyd | UTC-4 |
Voorsorteerarea | N2J to N2L, N2T tot N2V |
Skakelkodes | 519, 226, en 548 |
Webwerf | www.waterloo.ca |
Waterloo is 'n stad in die Kanadese provinsie Ontario. Dit is een van drie stede in die Streeksmunisipaliteit Waterloo (voorheen Waterloo County). Waterloo is ongeveer 94 kilometer suidwes van Toronto geleë. As gevolg van die nabyheid van die stad Kitchener aan Waterloo, word daar dikwels na die twee saam verwys as "Kitchener–Waterloo" of die "Tweelingstede".
Terwyl verskeie onsuksesvolle pogings aangewend is om die munisipaliteite Kitchener en Waterloo te kombineer, was daar na die stigting van die Streek Waterloo in 1973 minder motivering om dit te doen, en gevolglik het Waterloo 'n onafhanklike stad gebly. Ten tyde van die 2021-sensus was die bevolking van Waterloo 121 436.